Foto: Slang sluk vlakvark glo heel in

Die foto wat Bobby van Jaarsveld op Facebook gelaai het.

Gebruikers van sosiale media trek die egtheid van ʼn foto, wat die sanger Bobby van Jaarsveld Saterdag op sy Facebook-blad geplaas het, in twyfel.

Bobby het die foto Saterdag publiseer en geskryf dat sy skoonouers op hul plaas buite Brits op Sandrif op dié luislang, wat hom vermoedelik teen die elektriese heining doodgeskok het, afgekom het. Hulle het die slang oopgesny en op die vark afgekom. Hy het Maandag egter bevestig die slang was nie op sy skoonouers se plaas nie, maar wel op ʼn buurman se plaas. “Dit is regte foto’s. Dit was ‘n 4.1m luislang wat teen die heining doodgeskok het. Toe hulle hom oopsny was daar ‘n groot vlakvark in sy lyf. So dis die storie. Glo dit of nie. Dit bly erg!” het hy Maandag geskryf.

Ronel Brink, Bobby se ma en bestuurder, het aan Maroela Media bevestig ʼn lid van sy skoonfamilie het die foto’s vir hom op sy selfoon aangestuur. “Dit is waarskynlik op een van die buurplase geneem, maar in die stadium weet ons nie op wie presies se plaas die foto geneem is nie. Alles wat ons hoor is dus tweedehandse inligting wat ons ontvang het. So ek wil nie regtig vir die egtheid van die foto pa staan nie,” het Brink skertsend gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Fransina Kloppers ·

Glo nie Bobby sal jok nie!! Al wat ek weet daardie slang is tweekeer so dik soos die man in die agterkant se been!! Ek sal maar in my pasoppens wees vir so ‘n outjie!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.