ʼn Kunstenaar het onlangs die toonbeeld van skoonheid, Barbie, van haar grimering ontneem om te wys hoe die alombekende blonde prikkelpop in die normale lewe sou lyk.
Die grafiese kunstenaar, Eddi Aguirre, het gewonder hoe dié ikoon, waarmee verskeie kinders al oor die jare mee gespeel het, sou lyk as sy sonder grimering die fabriekvloer moes verlaat.
Kenners meen haar ‘perfekte’ voorkoms moedig kinders aan om oorbewus van hul voorkoms te wees. Aguirre skryf by sy voorstelling “No one is perfect” [Niemand is perfek nie].
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
lol net so onindrukwekkend soos die res v ons.
“There are no ugly women, only lazy ones”
― Helena Rubinstein
So komaan Barbie, sit terug die lipstiffie en maskara!