Foto: So lyk die nuwe note wat vandag uitkom

Die nuwe banknote met oudpresident Nelson Mandela se gesig op, begin vandag sirkuleer. Die nuwe banknote sal Madiba se gesig aan die een kant hê met een van die Groot Vyf-diere, wat op die huidige note is, aan die ander kant.

Die nuwe R10-, R20-, R50-, R100- en R200-banknote sal dieselfde grootte as die huidige note wees om verwarring te voorkom. Die nuwe banknote gaan saam met die huidige banknote sirkuleer word. Die huidige note sal steeds geldig bly.

Die Reserwebank het Dinsdag gesê Madiba het die note gesien en is baie opgewonde daaroor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

JCS ·

Terwyl daar nou nuwe note gedruk word moes hulle na my beste wete eintlik die R10-00 noot met ‘n muntstuk vervang het en ‘n ekstra R300-00 noot uitgebring het, aangesien die verminderde randwaarde dit regverdig….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.