Foto: Talle kinders beseer ná skoolbus omslaan

Foto: ER24

Foto: ER24

Nagenoeg 32 skoolkinders tussen die ouderdom van vyf en 15 is beseer toe hul skoolbus Dinsdagoggend op die R24-pad in Krugersdorp, Gauteng, omgeslaan het.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het omstreeks 08:00 naby die dorp se natuurreservaat plaasgevind. “Die busbestuurder het beheer oor die voertuig verloor waarna dit omgeslaan het. Dit wil voorkom of daar nie of enige ander voertuig in die botsing betrokke was nie,” het Jackson gesê.

“Gelukkig het meeste van die kinders net geringe beserings opgedoen, al is hulle in die bus rondgeslinger toe dit omgeslaan het. Al die kinders en die busbestuurder kon daarin slaag om uit die bus te klouter.”

Agt kinders het matige beserings opgedoen terwyl die res geringe beserings opgedoen het. Hulle is op die toneel behandel, waarna hulle met verskeie ambulanse na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling en waarneming.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.