Foto: Twee beseer ná gebou in Welkom ineenstort

Twee mans, albei in hul dertigs, is Donderdag ernstig beseer nadat ʼn gebou waar hulle konstruksiewerk verrig het, in Welkom in die Vrystaat ineengestort het.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het in Stateway plaasgevind waar ʼn nuwe winkelsentrum opgerig word. “Ons weet nie wat die ineenstorting veroorsaak het nie. Plaaslike owerhede en die departement van arbeid sal die voorval ondersoek. Omtrent 50 konstruksiewerkers het aan die gebou gewerk. Net twee is beseer,” het Jackson gesê.

Die mans is op die toneel gestabiliseer en met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.