Foto: Twee Zambezihaaie met één lyf

‘n Klein, ongebore Zambezihaai wat twee jaar gelede in sy ma gevind is, is toe nie ‘n tweekoppige haai nie, maar twee haaie wat een lyf deel.

Navorsers van die Universiteit van Michigan het vasgestel dat die twee haaitjies elk sy eie hart, maag en rugvin het.

Die ma, ook bekend as ‘n stierhaai, is in die Golf van Meksiko gevang. Die kleintjies is dood kort na hulle uit hul ma gehaal is, maar die navorsers sê die frats sou in die natuur waarskynlik in elk geval nie lank oorleef het nie.

Die Zambezihaai is een van die eierlewendbarende spesies haaie.

Die bevindings is in die Journal of Fish Biology beskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.