Foto van haaie in Somerset-Wes-winkelsentrum?

Foto: @jamieaking op Twitter

Foto: @jamieaking op Twitter

Die foto regs van haaie in ʼn winkelsentrum wat ʼn paar weke gelede deur die gebruiker Jamie King op die internet gelaai is, doen weer die ronde. ʼn Paar lesers wou weet of dit ʼn foto is van die winkelsentrum in Somerset-Wes nadat dié gebied oor die naweek erg deur vloede geraak is.

Die foto is egter by die roltrappe naby Union Station in Toronto, Kanada geneem. Die winkelsentrum is onder water ná oorstromings in die gebied op 1 Junie 2012.

Jamie King, wat homself op Twitter as ʼn hokkie-ondersteuner en liefhebber van onder andere kos en musiek beskryf, het die haaie met ʼn fotomanipulasieprogram op die foto ingevoeg. Hy het die foto op 1 Junie 2012 op Twitter gelaai met die byskrif: “Haaie in oorstroomde Union Station”.

Die foto het weer die lig gesien ná ʼn haaitenk glo in die wetenskapsentrum in Kuwait ineengestort het.

“Die foto is ʼn poets. Ek het dit vir die grap gemaak,” het King gesê. “Ek veronderstel dit is ʼn goeie voorstelling van hoe dit sou lyk indien ʼn haaitenk sou ineenstort.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.