Foto van straatnaamverandering “was opleiding”

ʼn Foto wat wys hoe nagenoeg 21 kontrakteurs toekyk hoe twee van hul kolegas ʼn rooi streep oor een van Pretoria se straatnaamborde trek, doen tans die rondte en wek verskeie menings op sosiale media.

Op die foto staan geskryf: “Hoeveel mense is nodig om ʼn rooi streep oor ʼn naambord te trek?”

Maroela Media het die foto aan die Tshwane-metroraad gestuur en gevra om meer lig op die onderwerp te werp.

Volgense Brenda Mpitsang, ʼn woordvoerder, is die foto geneem toe die kontrakteur, wat met die taak belas is om die straatnaamborde te vervang, met dié proses begin het. “Dit was slegs opleiding. Die kontrakteur het aan sy span demonstreer wat van hulle verwag word om sodoende enige foute wat mag opduik, te voorkom.”

Talle straatname in Pretoria is al verander of is in die proses om verander te word.

Die nuwe straatname is:
* Nelson Mandelarylaan na die ooste is Stanza Bopape.
* Van Nelson Mandelarylaan na Kerkplein is Helen Joseph.
* Van Kerkplein na die R511 is dit WF Nkomo.
* Van Kerkplein na die weste is dit Elias Motsoaledi.
* Michael Brink word verander na Nico Smith.
* Zambesirylaan word nou Sefato Makgotho.
* Hendrik Verwoerdrylaan word Johan Heynsrylaan.
* Die verlenging van Mears, Beatrix en Voortrekkersweg word die Steve Biko-pad.
* Hans Strijdomrylaan word Solomon Mahlangu.
* Mitchellstraat word Charlotte Maxeke.
* Schoemanstraat word Francis Baard.
* Van der Waltstraat word Lilian Ngoyi.
* Andriesstaat word Thabo Sehume.
* Jacob Marestraat word Jeff Masemola.
* DF Malanrylaan word Es’kia Mpahlele.
* Prinsloostraat word Sisulu.
* Skinnerstraat word Nana Sita.
* Koningin Wilhelminarylaan word Florence Ribeiro.
* Esselenstraat word Robert Sobukwe.
* Vermeulenstraat word Madiba.
* Schubertstraat word Sophie de Bruyn.
* Potgieterstraat word Kgosi Mampuru.
* Proesstraat word Johannes Ramokhoase.
* Duncanstraat word Jan Shoba.
* Generaal Louis Botharylaan word Januarie Mailela.
* Die Walker- en Charlesstraat-verlenging word Justus Mohamed.
* Die Lucas Mangopeweg word Molefe Makinta.
* Leah Mangopeweg word Peter Mangano.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

cecilia behrens ·

Kwessie van tyd en ons verander dit weer terug….die geskiedenis herhaal homself.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.