Foto: Vishoekstrand gesluit weens ontbindende walviskarkas

'n Voertuig probeer die karkas uit die see uit te trek. Foto: Awoltours / Instagram

‘n Voertuig probeer die karkas uit die see uit te trek. Foto: Awoltours / Instagram

Die strand by Vishoek in Kaapstad is Dinsdag gesluit weens ‘n walviskarkas wat tans daar ontbind.

“Die walvis, wat sowat 2 721kg weeg, het aanvanklik Dinsdag by Dangerstrand in St James gestrand,” het Gregg Oelofse die hoof van die stad se omgewingsbeleid en -strategie, gesê.

“As gevolg van ‘n gebrek aan voertuigtoegang, is die karkas met ʼn boot van die strand gesleep met die doel om dit tot in Simonstad  te neem sodat die stad se departement van vaste afval van die karkas ontslae kon raak,” het hy gesê.

Die karkas moes egter by Vishoek gelos word omdat dit te swaar was en slegte weersomstandighede en rowwe seetoestande dit vir die sleepboot onmoontlik gemaak het.

Oelofse het gesê die strand word gesluit vir swemmers omdat die ontbindende karkas haaie kan lok.

“Ons hoop om spoedig weer die strand oop te maak sodra die karkas verwyder is en nadat ons met haai-kykers vergader het.” 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.