ʼn Ligte vliegtuig moes Dinsdag ʼn noodlanding op ʼn strand in Durban maak.
Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die vlieënier het hom uitmuntend van sy taak gekwyt en te danke aan sy vernuftige noodlanding het niemand seergekry nie. “Die vliegtuig is nie eens in die noodlanding beskadig nie,” het hy gesê.
Dit is nie seker wat veroorsaak het dat die vliegtuig ʼn noodlanding moes maak nie. Die voorval word deur die lugvaartowerheid ondersoek.
Welgedaan!