‘n Vrou is Donderdag beseer nadat haar voertuig die pad verlaat en teen ‘n skuinste op die N1-suid in Johannesburg afgerol het.
Paramedici het die vrou buite haar voertuig aangetref. Santi Steinmann, ‘n woordvoerder van Netcare911, het gesê die ongeluk het naby die Beyers Naude-afrit plaasgevind. Sy is op die toneel gestabiliseer en na die Netcare Garden City-hospitaal geneem vir verdere behandeling.