Ses mense is beseer nadat twee voertuie Donderdag op die N2-snelweg in Durban gebots het.
“Twee voertuie het gebots en een van hulle het teen ʼn versperring langs die pad tot stilstand gekom,” het Kyle van Reenen, ʼn woordvoerder van ER24, gesê.
“Die bestuurder van die voertuig het matige beserings opgedoen, maar weens die erge skade aan haar voertuig was sy in haar voertuig vasgekeer en moes sy ʼn ruk wag sodat sy uit die wrak gesny kon word.”
Sy is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Die ander beseerdes is op die toneel behandel en na ʼn hospitaal geneem vir observasie.
Ai tog. Hoop net almal herstel volkome.