Foto: Vyf trokke bots, vyf sterf in gru-ongeluk

Foto: ER24

Vyf mense is dood en drie beseer nadat vyf vragmotors Donderdagoggend op die N3-deurpad in KwaZulu-Natal gebots het.

Volgens Derrick Banks, ʼn woordvoerder van ER24, het die ongeluk omstreeks 03:00 naby Bergville plaasgevind.

“Al vyf swaarvoertuie is erg beskadig. Vyf insittendes van een vragmotor is op die toneel dood verklaar. Hul liggame moes uit die wrak gesny word,” het Banks gesê.

Drie insittendes van die ander swaarvoertuie het geringe beserings opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Dit is nog nie bekend hoe die ongeluk plaasgevind het nie. Die pad was tot 07:00 vir verkeer gesluit terwyl die toneel opgeruim is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.