Foto: Walvis gered naby Kaapstad

Die foto is deur die departement van omgewingsake verskaf.

Suid-Afrikaanse reddingswerkers het Donderdag ʼn nege meter lange boggelrugwalvis gered nadat dit in visvangnette noord van Kaapstad verstrengel geraak het.

Die jong boggelrugwalvis is suid-oos van Dassen-eiland, naby Yzerfontein, gevind met sy mond wat verstrik geraak het in een van die groot toue. “Ons moes eers die tou wat in sy mond was stukkend sny aangesien dit sy vermoë om die toekoms te kan eet kon belemmer het,” het Mike Meyer, woordvoerder van die departement van omgewingsake, gesê. Gedurende die vyf uur reddingsoperasie het die span ʼn boei aan die walvis vasgemaak ten einde te keer dat hy onderwater gaan wanneer die reddingsboot opdaag. “Die boei het verseker dat die walvis bo die water bly sodat ons die tou kon stukkend sny.” Daar was ook toue om die walvis se stert. Meyer sê die walvis is nie ernstig beseer nie.

Die foto is deur die departement van omgewingsake verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.