Fotobewyse van massa doodmarteling in Siriese tronke

marteling

‘ʼn Rekenaar-gemanipuleerde weergawe van een van die foto’s wat vrygestel is. Foto: CNN

Meer as 50 000 foto’s wat bewys dat duisende gevangenes in Siriese tronke doodgemartel is, is aan die lig gebring.

‘n Fotograaf van die Siriese regering, wat slegs as Caesar bekend staan, se werk was glo om foto’s van die lyke van dooies in Siriese tronke te neem. Hy beweer hy het daagliks tot 50 liggame gefotografeer.

Caesar het egter na die opposisie oorgeloop en dié fotobewyse saamgebring. Die foto’s bevat die bewyse van minstens 11 000 tronkmoorde.

Die persone is onderwerp aan uithongering, erge aanranding, verwurging, en ander vorme van marteling en moord.

Die verslag wat deur juriste opgestel is om die geloofwaardigheid van die foto’s en die man se getuienis te ondersoek, het in die hande van die Britse koerant, The Guardian, en Amerika se CNN beland. Die gegewens is geloofwaardig bevind.

Die bekendmaking van die verslag kan ‘n ernstige terugslag wees vir die bewind van pres. Bashar al-Assad, wat later dié week in Switserland aan vredesamesprekings met opposisiegroepe onder VN-toesig gewikkel sal wees. Assad se posisie het die jongste tyd verstewig weens erge verdeeldheid onder die opposisie, en veral die al sterker rol wat Al Kaïda-filiale daarin begin speel. Boonop gee Sirië skynbaar sy volle samewerking aan die internasionale gemeenskap met die aftakeling van sy chemiese wapens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AmY ·

Stuur ‘n paar van ons misdadigers soon-toe!!! Nee, alle grappies op ‘n stokkie. Dis wreed en onmenslik. Maar dan, aan die ander hand: het hul slagoffers nie ook gely nie? Ek sê nie hulle dade word geregverdig nie, ek wonder maar net.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.