Fotograaf sê Michelle Obama was nie vies nie

selfie obamaʼn Foto van pres. Barack Obama wat ʼn “selfie” geneem het saam met Helle Thorning-Schmidt, eerste minister van Denemarke en David Cameron, eerste minister van Engeland, het opslae gemaak op sosiale media, veral die uitdrukking op Michelle Obama se gesig. Die fotograaf hou egter vol dat Michelle nie ontsteld was nie.

Robert Schmidt, fotograaf van AFP, het die foto geneem en het sy sorg uitgespreek dat die foto soveel kritiek uitgelok het. “Ek reken dis maar net ʼn teken van ons tyd dat die foto nou meer aandag geniet as die geleentheid,” het Schmidt in ʼn blog-artikel geskryf.

“Foto’s kan jok,” sê Schmidt. Hy sê Michelle het net voordat die foto geneem is, gelag en geselsies gemaak met die ander afgevaardigdes wat rondom hulle gesit het. “Die ernstige kyk op haar gesig is blote toeval.”

Gebruikers op sosiale media het ook hul misnoeë uitgespreek dat dié wêreldleiers so ligsinnig kon optree tydens die geleentheid. “Ek het die foto’s spontaan geneem, sonder om te dink watter impak dit sou hê. Ek het gedink die wêreldleiers tree maar net soos mense op; soos ek en jy.”

Nog foto’s van die Obamas is geneem waar Michelle nie beïndruk lyk met haar man en Thorning-Schmidt se interaksie nie. Dit wil voorkom of sy en die president later sitplekke geruil het. Klik hier om dié foto’s te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.