‘n 100-jarige man het Vrydag die rekord opgestel vir die vinnigste 100 km-fietswedren in sy ouderdomsgroep.
Robert Marchand van Frankryk het die 100km in 4 uur, 17 minute en 27 sekondes afgelê. Hy het 12:00 Vrydagmiddag op sy Trek-resiesfiets op ‘n renbaan in Lyon weggespring en die afstand met ‘n gemiddelde spoed van 23.3 km/h voltooi. “Daar het nog nie vantevore só ‘n rekord bestaan nie, maar die internasionale fietsrybeheerliggaam het bevestig dat hulle dié rekord sal toeken,” het David Lappartient, hoof van die Franse Fietsryfederasie gesê. Gerard Mistler, die president van Marchand se fietsryklub, het gesê hy is ‘n inspirasie. “Hy is ‘n voorbeeld vir ons almal, en hy gee mense hoop,” het Mistler gesê.
[nggallery id=75]