Foto’s: 11 gevangenes ontsnap

Die polisie is tans op soek na 11 verhoorafwagtendes wat Maandag uit polisie-aanhouding in Hazyview, Mpumalanga ontsnap het.

Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder, sê twee polisiebeamptes het glo ‘n geluid uit die selle gehoor en toe gaan ondersoek instel. Hulle is deur die verdagtes oorval, aangerand en van ‘n vuurwapen beroof. Na die voorval het tien van die verhoorafwagtendes glo deur die oop deur ontsnap en een deur die dak van die oefeningsel.

Die voortvlugtendes is vir verskeie misdade wat moord, verkragting, gewapende roof, huisroof, voertuigkapings en ander ernstige misdade insluit, in hegtenis geneem. Sipho Ngwenya (22), Mahlatse Matsane (32), Life Ubisi (23), Sipho Mndawe (38), Godfrey Hlongwane (29), Sandile Matsane (25), Stanley Masuku (27), Solomon Moses Mnisi (35), Paul Hlophe (24), Tshepiso Evidence Malope (30) en Thabiso Malope (30) is op vrye voet.

Die polisie versoek enigiemand wat moontlik oor inligting beskik wat die polisie kan help om die betrokke verdagtes weer vas te trek, om met kaptein Jacob Mbuyane by 082 449 0231 in verbinding te tree. Lt.gen. Thulani Ntobela, die provinsiale kommissaris, het ‘n interne ondersoek van stapel gestuur en het bygevoeg dat ernstige stappe teen enige lid wat moontlik by die ontsnapping betrokke was, gedoen sal word.

Hiermee foto’s van die verdagtes wat ontsnap het:

Sandile Matsane

Thabiso Malope (verdagte in 'n huisbraak-saak)

Matsane Glen Mahlatsi

Stanley Masuku

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.