Foto’s: 14 beseer in botsing

Altesaam 14 mense is Donderdag beseer nadat ʼn minibus met ʼn vragmotor in Roodepoort gebots het.

Volgens Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die ongeluk by die kruising van Westlake- en Reefweg plaasgevind. Die impak van die ongeluk het veroorsaak dat die vragmotor omgeslaan het. “Vier mense is ernstig beseer en tien mense het geringe tot matige beserings opgedoen,” het Steinmann gesê. “Die pasiënte is op die toneel gestabiliseer en na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling.” Steinmann sê die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend en die polisie ondersoek die voorval.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.