Foto’s: 19-jarige beseer na bakkie rol

Foto’s: Netcare911

ʼn 19-jarige man is ernstig beseer nadat die bakkie waarin hy gery het Donderdagmiddag in Bloemfontein gerol het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, sê die ongeluk het in Paul Krugerstraat plaasgevind. “Na wat verneem word, het die man beheer oor die voertuig verloor terwyl hy om ʼn draai gegaan het. Die voertuig het teen ʼn lamppaal gebots waarna dit gerol het,” het Botha gesê.

Paramedici van Netcare911 en die brandweer is na die toneel ontbied waar hulle die man in ʼn ernstige toestand aangetref het. Die brandweer moes die man uit die bakkie sny, terwyl paramedici hom gestabiliseer het. Hy is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.