Foto’s: 2012 se Ghoema-wenners

Steve Hofmeyr, Heuwels Fantasties en Karlien van Jaarsveld was van die groot wenners tydens die Ghoema-musiekpryse vir Afrikaanse musiek wat Sondagaand tydens ‘n glansgeleentheid by Carnival City in Brakpan oorhandig is.

Hofmeyr en Juanita du Plessis het elkeen ʼn Diamantprys gekry vir die totale verkope van albums in hul loopbane. Die prys is eenmalig toegeken. Hofmeyr het ook ʼn Ghoema ontvang vir beste manlike kunstenaar en beste kontemporêre album vir Haloda. Van Jaarsveld het ʼn Ghoema ontvang vir beste vrouekunstenaar, beste musiekvideo en beste popalbum vir Jakkals trou met wolf se vrou. Haar ouboet, Bobby, het gewen vir liedjie van die jaar Kan ek met jou praat. Die Heuwels Fantasties is aangewys as beste groep van die jaar, beste alternatiewe album van die jaar en album van die jaar vir Wilder as die wildtuin. Lance James is vereer vir sy lewenslange bydrae tot Afrikaanse musiek. Daar is ook hulde gebring tydens die geleentheid aan Andrew Thompson wat Saterdag selfmoord gepleeg het.

Die Ghoema-toekennings word op 29 Maart om 20:00 op kykNet uitgesaai.

Lys van wenners:

BESTE NUWELING: ADAM
BESTE MANLIKE KUNSTENAAR: Steve Hofmeyr
BESTE VROULIKE KUNSTENAAR: Karlien van Jaarsveld
BESTE GROEP VAN DIE JAAR: Heuwels Fantasties
ALBUM VAN DIE JAAR: Heuwels Fantasties – Wilder as die Wildtuin
LIEDJIE VAN DIE JAAR: Bobby van Jaarsveld – Kan ek met jou praat
BESTE KONTEMPORERE-ALBUM: Steve Hofmeyr – Haloda
BESTE GEESTELIKE ALBUM: Juanita Du Plessis – Wees lig
BESTE HUMOR ALBUM: Sorina “Flooze” Erasmus – Ek watch jou
BESTE KINDER ALBUM: Helena Smith – Luidkids 2
BESTE ALTERNATIEWE ALBUM: Heuwels Fantasties – Wilder as die Wildtuin
BESTE ROCK ALBUM: One Crown – Verander vir ander
BESTE TRADISIONELE ALBUM: Die Penkoppe – Kan nie kla nie
BESTE INTRUMENTALE ALBUM: Charl du Plessis – Shangai Brunch
BESTE COUNTRY ALBUM: Sarah Theron – Storm in ‘n D-cup
BESTE LEWENDIGE DVD (SOLO/GROEP): Romanz – Ek sal getuig
BESTE LEWENDIGE DVD (ENSEMBLE): Verskeie – Huisgenoot Skouspel
MUSIEKVIDEO VAN DIE JAAR: Karlien van Jaarsveld – Jakkals trou met Wolf se vrou
LIEDJIESKRYWER VAN DIE JAAR: Johan Vorster
BESTE POP-ALBUM: Karlien van Jaarsveld – Jakkals trou met Wolf se vrou

[nggallery id=33]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.