2013 se Ghoema-wenners

Theuns Jordaan, Bobby van Jaarsveld en Juanita du Plessis was van die groot wenners tydens die tweede jaarlikse Ghoema-musiekpryse wat Sondagaand tydens ‘n glansgeleentheid by Carnival City in Brakpan oorhandig is.

Jordaan het vyf toekennings gewen vir album van die jaar en beste kontemporêre album deur ‘n manlike kunstenaar vir Roeper, beste albumverkoper van die jaar en beste DVD saam met Du Plessis vir Hart vol Drome. Jordaan het ook saam met Kurt Darren ʼn Diamantprys gekry vir die totale verkope van albums in hul loopbane. Van Jaarsveld het vanjaar weer gewen vir liedjie van die jaar vir ʼn Vrou wil dit hoor. Hy het ook gewen vir manlike kunstenaar van die jaar, musiekvideo van die jaar vir ʼn Vrou wil dit hoor en beste pop-album van die jaar (manlike kunstenaar) vir Wat geld nie kan koop nie. Du Plessis het koning gekraai onder die vrouens met drie toekennings vir vroulike kunstenaar van die jaar, beste DVD vir Hart vol drome saam met Jordaan en beste pop-album van die jaar (vroulike kunstenaar) vir Jy voltooi my.

Die volledige lys van wenners:
BESTE NUWELING: Dewald Wasserfall
BESTE MANLIKE KUNSTENAAR: Bobby van Jaarsveld
BESTE VROULIKE KUNSTENAAR: Juanita du Plessis
BESTE GROEP VAN DIE JAAR: Heuwels Fantasties
ALBUM VAN DIE JAAR: Theuns Jordaan – Roeper
LIEDJIE VAN DIE JAAR: Bobby van Jaarsveld – ʼn Vrou wil dit hoor
BESTE KONTEMPORERE-ALBUM (Manlik): Theuns Jordaan – Roeper
BESTE KONTEMPORERE-ALBUM (Vroulik): Nianel – My Hart
BESTE GEESTELIKE ALBUM: Retief Burger – Luidkeels Dieper
BESTE HUMOR ALBUM: Thys, Die Bosveldklong – Ek sal boertjie bly
BESTE KINDER ALBUM: Carike Keuzenkamp – Carike & Ghoempie in Bybelland
BESTE ROCK ALBUM: Straatligkinders – Konings van Verskonings
BESTE TRADISIONELE ALBUM: Matthys Maree – Afrikaans op Reis
BESTE INTRUMENTALE ALBUM: Sterling EQ – Pulse
BESTE COUNTRY ALBUM: Heuning – Heuning
BESTE DVD-PRODUKSIE (Live): Juanita du Plessis & Theuns Jordaan – Hart vol Drome
MUSIEKVIDEO VAN DIE JAAR: Bobby van Jaarsveld – ‘n Vrou wil dit hoor
LIEDJIESKRYWER VAN DIE JAAR: Riana Nel en Johan Vorster
BESTE POP-ALBUM (Manlik): Bobby van Jaarsveld – Wat geld nie kan koop nie
BESTE POP-ALBUM (Vroulik): Juanita du Plessis – Jy voltooi my
BESTE POP-ALBUM (Groep of dou): Heuwels Fantasties – Alles wat mal is
BESTE LIGTE AFRIKAANSE KLASSIEKE MUSIEK ALBUM: Romanz – Hou vas

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trudie ·

Geluk Juanita en Theuns. Julle bly maar bo. Julle is wrklik ‘n voorbeeld vir elke jongmens. Bobby? Ek hou van hom, kan niks teen hom sê nie. En dan natuurlik Karika – ai wat ‘n lieflike mens en wat sy nie alles doen vir ons kleingoed nie. Lieflik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.