Vyf mense is dood en 87 beseer na ‘n bus Saterdagmiddag in KwaZulu-Natal gerol het.
Jeff Wicks, woordvoerder vir Netcare911, sê die ongeluk het op Spinalweg naby Kwadabeka, Durban plaasgevind. “Die bus het afdraende in ‘n kronkelpad gery toe die bestuurder beheer oor die bus verloor en uiteindelik die bus laat rol het. reddingswerkers is steeds op die toneel.