Foto’s: 50 km met ‘n tuinstoel en ‘n paar balonne

Kent Couch en sy vriend, Fareed Lafta, het sowat 30 myl (ongeveer 50 km) met ‘n tuinstoel en balonne gevlieg.

Die twee mans van Oregon, Amerika, het egter ‘n ontnugtering gehad toe hulle, ure nadat hulle opgestyg het, hael en sneeu teëgekom het, berig Huffington Post. Hul tuisgemaakte lugvaartuig het egter weggevlieg ná hul harde landing. Couch en Lafta het dié tandemvlug met meer as 350 heliumgevulde balonne onderneem.

Couch het in 2006 sy eerste poging aangewend en hy het sowat 99 myl (160 km) afgelê voordat die ballonne begin bars het. In 2007 het hy 193 myl (310 km) afgelê voordat sy helium opgeraak het. In 2008 het hy 35 m/h (56 km/h) gehaal en in 2010 het hy aan ‘n wedren deelgeneem wat oor sowat 70 myl (112 km) gestrek het.

[nggallery id=50]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae