Foto’s volg onderaan die berig. Sowat 50 werkers is moontlik onder puin vasgekeer nadat die dak van ʼn winkelsentrum in Tongaat, noord van Durban, Dinsdag ineengestort het.
“Die winkelsentrum is nog in aanbou,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, gesê. “Daar is moontlik 50 mense onder die puin vasgekeer.”
Mark te Water, hoof van die brandweer in Ethekwini, het bevestig dat ʼn gebou in die gebied ineengestort het. Werkers is vasgekeer en sy departement het eenhede na die toneel ontbied.
Indien mens kyk watse substandaard werk deesdae gelewer word is dit snaaks dat dit nie meer gebeur nie. Hoeveel hophuise moes nie al oorgebou geword nie, of staan leeg omrede hulle onveilig is om in te bly. Bouinspekteurs doen nie inspeksies nie, of word omgekoop.