Foto’s: 6 dood, 7 beseer in Centurion-ongeluk

Ses mense is dood en sewe beseer na ‘n minibustaxi en twee voertuie Saterdagmiddag in Bothalaan in Centurion in mekaar vasgery het.

Jeffrey Wicks, woordvoerder vir Netcare911, sê die taxi het in die rigting van die middestad gery toe die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het en in die aankomende baan beland het. “Die taxi het teen twee voertuie gebots. Die beseerdes en oorledenes het in die pad gelê toe paramedici opgedaag het. Vier van die beseerdes was in ‘n ernstige toestand,” het Wicks gesê. Die beseerdes is op die toneel behandel en is na ‘n hospitaal geneem vir verdere behandeling. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.