Foto’s: 7 beseer in JHB-ongeluk

Foto: ER24

Sewe mense is beseer ná ʼn taxi en ʼn motor Saterdagoggend in ʼn kop-teen-kopbotsing op die hoek van Rivonia en Witkoppenweg in Paulshof, Johannesburg betrokke was.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, maar beide voertuie is erg beskadig, het Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24 gesê. Die taxi het op sy sy gelê en die voorkant van die voertuig is uitmekaar geskeur. Die man wat voor in die passasiersitplek gesê het, was in die voertuig vasgekeer. Die brandweer moes lewenskake gebruik om hom uit die wrak te bevry.

 

Die ER24-medikopter kom by die toneel aan. Foto deur die gebruiker @GPSmedic op Twitter gelaai

Die ER24-Discovery Medikopter is na die toneel ontbied om die beseerde man so gou as moontlik na ʼn hospitaal te neem. Ses ander mense het ook vir matige beserings behandeling ontvang. Hulle is per ambulans na onderskeie hospitale in die omgewing geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.