Foto’s: ANC ontstoke oor skool se anti-ANC T-hemde

ANC tshirt 1

Foto’s: Politicsweb

Westville-hoërskool in Durban het om verskoning gevra vir T-hempkunswerke wat die ANC aanstoot gegee het, het The Witness Woensdag berig.

Die gesigte van president Jacob Zuma, oudpresident Nelson Mandela en Bheki Cele, voormalige polisiekommisaris met neerhalende onderskrifte daarby verskyn op die drie T-hemde. Dit was Dinsdag by die Westville Village Market-winkelsentrum in Durban uitgestal.

Trevor Hall, die hoof van die hoërskool, het aan die koerant gesê die drie kunswerke ter sprake is deur “vrydenkende” leerlinge ontwerp as deel van hul kunsportefeulje vir hul eindeksamen wat fokus op maatskaplike kommentaar.

Hy het gesê die hemde was nie bedoel om aanstoot te gee vir enigiemand nie.

Die T-hemde is dadelik verwyder toe daaroor gekla is.

Senzo Mkhize, die woordvoerder van die ANC in KwaZulu-Natal, het Woensdag gesê alhoewel die ANC aanstoot geneem het, sal dit ook nie soortgelyke T-hemde met opposisiepartyleiers se gesigte daarop verwelkom nie.ANC tshirt 2

Die party het Dinsdag sy misnoeë uitgespreek oor die uitstalling van die T-hemde en gesê hy glo dat die mense wat betrokke is in hierdie “veragtelike daad wat grens aan rassisme, ‘n persoonlike vendetta teen die ANC het en onskuldige leerlinge gebruik om hul giftige belange te bevorder”.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Trippie ·

Leon, buiten vir die feit dat ek jou sentimente deel – ek is ook dronk geslaan omdat ek elke keer my gebruikersnaam en e-pos van vooraf moet insleutel. Dis lastig en tydrowend.

Is daar enige verduideliking daarvoor …

Rudi ·

So ‘n bek moet mos jêm kry! Hierdie ding moet groot gaan – laat almal so ‘n hemp dra!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.