Foto’s: ANN7-advertensiebord het bejaardes op hol

Foto: Ntombi Mlangeni / Twitter

Die Suid-Afrikaanse Forum vir Ouer Persone (SAOPF) het ʼn amptelike klagte teen Africa News Network 7 (ANN7), die nuwe nuustelevisiekanaal wat deur die Gupta-familie bedryf word, ingedien weens  ʼn advertensiebord langs die N1-snelweg naby Sandton wat glo diskriminerend teenoor bejaardes is, het Beeld Woensdag berig.

Die forum het Dinsdag ʼn klagte by die Gesagsliggaam vir Reklamestandaarde (GRS) en ʼn afsonderlike klagte by die Menseregtekommissie ingedien. Die SAOPF voer aan die televisiekanaal se advertensiebord verneder mense en oortree die wet.

Op die reuseadvertensiebord is ’n foto van ʼn bejaarde man met die woorde: “We aren’t old farts . . . nah, not even our presenters.

Volgens die forum kom die bewoording neer op die mishandeling van ouer mense kragtens die Wet op Ouer Persone van 2006. “Sukkel ou mense nie al genoeg in ons land nie?” vra Roedolf Kay, nasionale koördineerder van die forum.

Kay sê diskriminasie teen ouer mense is ’n groot probleem in Suid-Afrika. “Die forum dring daarop aan dat alle vernederende advertensiemateriaal onmiddellik verwyder moet word en dat bejaardes in Suid-Afrika om verskoning gevra moet word.”

Nog een van ANN7 se advertensieborde.

Die woordvoerder van ANN7 het nie op verskeie versoeke van Beeld nie kommentaar gelewer nie.

Intussen word die ANN7-kanaal as lagwekkend beskryf weens aanbieders wat gereeld blapse maak tydens regstreekse uitsendings. Advertensieborde van ANN7 voer aan hulle bied ʼn “World class newsroom, studios & presentation”[sic].

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JAVR ·

Dit tref my nou net, miskien is dit ons nuwe comedy central kanaal! Hulle is net so bietjie verdwaal op die kanale. Ek lag my dood vir die no Blah blah blah, as hulle dit maar liewer gedoen het het die land nie so gelag vir hulle nie

german ·

“Its a joke” soos die aanbieders droog maak. Iemand moet die sirkus stopsit. Ons Suid Afrikaners se standaarde is nie so laag nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.