Foto’s: Ballonvlug suksesvol voltooi

Matt Silver-Vallance het Saterdag met helium-balonne van Robbeneiland na Milnerton, Kaapstad gevlieg.

Silver-Vallance, wat in Suid-Afrika gebore is en tans in die mediese bedryf in Engeland werk, het sowat 200 helium-balonne gebruik om die waaghalsige vlug te onderneem. Die balonne is sedert 3:00 Saterdagoggend met helium gevul. Hy het omstreeks 12:00 Saterdag by Robbeneiland opgestyg en omstreeks 12:45 by Sunset Beach in Milnerton geland. Die afstand tussen die eiland en droë grond is tussen 9km en 14km. Hy is hierna met ʼn boot na Bloubergstrand vervoer. Silver-Vallance se vlug is aanvanklik vertraag weens digte mis en swak sig. Silver-Vallance het as veiligheidsmaatreël ‘n duikpak en lewensreddingsbaadjie aangehad en ‘n motoraangedrewe skermsweeftuig het hom gevolg om lugverkeer en navigasiedienste te bied. Hy het ook ondersteuningspanne op die grond gehad. Dit het Silver-Vallance glo sowat vier jaar geneem om vir die vlug voor te berei.

Silver-Vallance se vlug is deel van sy poging om nagenoeg R10 miljoen in te samel vir die bou van die Nelson Mandela Kinderhospitaal in Johannesburg.

[nggallery id=112]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.