Aanhangers van Barbie kan nou haar droomhuis in werklikheid beleef.
Deure na Barbie se lewensgrootte pienk huis het Donderdag in Berlyn, Duitsland, oopgemaak. Die huis is sowat 1 400 vierkante meter en ʼn groot pienk hakskoen-waterfontein verwelkom ʼn mens by die ingang. Gaste kan Barbie se droomhuis beleef van haar kombuis tot haar sitkamer. Besoekers kan selfs in haar klerekas rondkrap en van haar klere aanpas.
Verskeie foto’s van die huis is op die webwerf Metro.co.uk gelaai.
[nggallery id=126]