Foto’s: Beeldmateriaal van Spar-rooftog

Die bestuurder van die Spar, Paul Androliakos, kort voor hy deur die rowers doodgeskiet is.

Kringtelevisie-beeldmateriaal wys hoe ‘n bende wat die naweek die bestuurder van die Randburg Spar vermoor het, veiligheidswagte aanval en verby veiligheidskameras beweeg sonder om hul gesigte te probeer wegsteek.

IOL berig dat die beeldmateriaal wys hoe agt mans Sondagaand die Spar in Jukskei Park in Randburg binnegaan en personeel en veiligheidswagte rondstamp. Daar kan gesien word hoe een van die verdagtes ‘n veiligheidswag in die gesig slaan en hom trek tot hy buite sig van die kamera is. Drie mans vat die bestuurder van die Spar, Paul Androliakos, na ‘n kantoor agter in die winkel terwyl hulle ‘n vuurwapen op hom rig. Hulle verdwyn uit sig van die kamera voor hulle weer met ‘n sak geld verskyn. Androliakos is in die voorval geskiet en het in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Voor hulle op die vlug slaan skiet hulle op ‘n veiligheidswag. Volgens die berig het talle soortgelyke rooftogte die afgelope jaar in Gauteng plaasgevind. Die polisie het enigiemand met inligting gevra om die Douglasdale-polisiestasie te kontak by 011 699 1300.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.