Foto’s: Bejaarde tydens plaasaanval aan ore rondgesleep

Martin Coetsee (66)

Waarskuwing: Die foto’s onderaan die berig kan sensitiewe lesers ontstel.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die aanval op Martin Coetsee (66) op sy plaas naby Makwassie in Noordwes nie.

Martin is Maandag vroegoggend in sy plaashuis op Oersonskraal oorval, vermoedelik kort nadat sy vrou, Connie, die huis verlaat het om ʼn skoolbus na die Schweizer-Reneke-omgewing te bestuur.

Na wat verneem word, het drie aanvallers die huis dopgehou en toegeslaan toe sy vertrek het. Hulle het plaaswerkers vasgebind en Martin oorval terwyl hy nog geslaap het. Hulle het hom met ʼn voorwerp geslaan en aan sy ore van vertrek na vertrek gesleep en later aan ’n bed vasgebind. Die aanvallers het huisraad, skootrekenaars en vuurwapens gesteel. Die werkers het die bure se hulp ontbied nadat hulle geslaag het om hulself te bevry. Coetsee is in ʼn ernstige toestand na die Tshepong-staatshospitaal in Klerksdorp geneem.

Martin se dogter, Mariska, het Woensdag aan Maroela Media gesê haar pa is reeds na ʼn gewone saal oorgeplaas en dat sy lewe buite gevaar is. “Hy het egter nog baie pyn. Hy praat baie min en as hy praat, sukkel hy. Hy het gisteraand [Dinsdag], omdat hy nog so deurmekaar is, per ongeluk sy kateter en ʼn pyp wat in sy long was, uitgeruk. Die pyp is in sy long geplaas omdat een van sy longe platgeval het,” het Mariska gesê. Sy sê verder hy is baie swak en raak naar as hy iets eet.

Volgens Mariska is haar ma ‘oukei’, maar verwyt glo haarself omdat sy nie tydens die aanval daar was en dalk iets kon doen om die aanval te keer nie.

Mariska en Connie bly tans by familie in Klerksdorp.

Lt.kol. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder in Noordwes, het Woensdagoggend gesê die polisie is nog op soek na die aanvallers.

Hier volg foto’s wat Mariska van haar pa en die plaashuis geneem het. WAARSKUWING: Die foto’s mag sensitiewe lesers ontstel.

[nggallery id=125]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Petra

omg .. dis baie hartseer, kon my paps gewees het.

SANETTE HENNING

Wanneer gaan dit stop – met regering se hulp nooit Kan net bid dat plaasaanvalle , misdaad en bedrog stop. My kids woon ook op plaas ek bid so vir hul en al die plaasboere vir veiligheid vir hul en hul gesinne Hul val bejaardes meer en meer aan. ANC se plaasaanvalle word net gerigistreer onder diefstal al steel hul net n selfoon en loop oortreders skotvry met n ligte vonnis en val hul weer boere aan wat n maklike teiken is. Net snaaks swartboere word nie in Suid Afrika aangeval nie ……so ja die vraag bly is dit rassehaat… Lees meer »

leon

Zuma en die A N C moet nou tot verantwoording geroep word , of hulle beskerm ons of hulle gee vir ons n volkstaat

Rienie

Vang die flippen goed en martel hul op dieselfde manier wat hulle die onskuldige oumensies martel en seermaak Daarna……..as die goed nog lewe …….maak hul doodeenvoudig vrek!!!!!!!!

mina

die honde vang hulle en ons doen dieselfde aan hulle net erger gemors oom ons bid vir jou