Foto’s: Bekruiper gevonnis

Shumsheer Gumman

Shumsheer Ghumman, die man wat vroeër aan bekruiping skuldig bevind is en dat hy, weens sy obsessie met ʼn vrou ʼn huis in Clifton, Kaapstad, met ʼn petrolbom bestook het, is Donderdag gevonnis.

Ghumman, ʼn 32-jarige rekenmeester van Londen, is tot nege jaar tronkstraf gevonnis en is ook van bedrog, poging tot moord en aanhitsing tot moord skuldig bevind. Ghumman het verlede jaar in Januarie ʼn vrou, Hannah Rhind, van Londen na Kaapstad agtervolg in ʼn poging om haar pa te vermoor. Ghumman was behep met Rhind en was oortuig dat haar pa ʼn struikelblok vir hom gaan wees. Hy het probeer om ʼn vermeende huurmoordenaar, Alfred Yalezo, teen sowat R10 000 te bekom om Philip Rhind, ʼn welgestelde oliemagnaat en Hannah se pa, te vermoor. Yalezo het egter die gesin gewaarsku en Ghumman is gevolglik in hegtenis geneem.

Ghumman het moeg en slordig voorgekom toe die vonnis uitgespreek is, maar het nie enige emosie getoon nie. Hy het verlede jaar in Januarie in Suid-Afrika geland. Landdros Hammond Peters het gesê die hof in Suid-Afrika moet homself van sulke tipe invalle beskerm. Peters sê persone soos Shrien Dewani en Shumsheer Gumman sou nie dieselfde tipe misdade in hul eie land gepleeg het nie.

Ghumman beplan om teen die vonnis te appelleer. ʼn Verhoor is vir 8 Junie geskeduleer.

Shumsheer Gumman Foto: EWN

Hannah Rhind, die skakelbeampte met wie Gumman behep was

Philip Rhind, Hannah se pa en die man vir wie Gumman 'n huurmoordenaar gereël het

Die Rhind-woning in Clifton wat Gumman met 'n petrolbom bestook het

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.