Foto’s: Benoni-polisiëringsarea wys spiere

Foto’s: Phillip Bruwer

Verskeie owerhede van die Benoni-polisiëringsarea in Gauteng het Woensdag douvoordag byeengekom om met hul “basiskampspan” te spog waarmee hulle gaan poog om tydens die feesseisoen misdaad in die gebied hok te slaan.

Beamptes van die polisie, die polisie se honde-eenheid, metropolisie en die blitspatrollie het kragte saamgesnoer om klopjagte uit te voer op gebiede soos Daveyton, Etwatwa en Benoni in die Oos-Rand. Dié klopjagte het by spaza-winkels, taxi’s en kuierplekke plaasgevind. Maroela Media was saam met die polisie terwyl hulle die klopjagte uitgevoer het.

Taxi’s en voetgangers is na willekeur voorgekeer en deursoek. ʼn Inwoner is in hegtenis geneem wat heroïen in sy besit gehad het. Die vermeende dwelmgebruiker het aan die polisie gesê by watter spaza-winkel hy dit bekom het. By dié spaza het ʼn man spore gemaak toe hy die polisie opmerk en hy het hulle ontduik tussen die informele nedersetting se talle plakkershuttehuisies.

Die honde-eenheid was gou op die toneel om die dwelms by die winkel uit te snuffel. “Dit is maar net een oefening wat ons gereeld tydens die feesgety beplan. Soortgelyke oefeninge gaan regoor Gauteng gedoen word,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, die provinsiale polisiewoordvoerder, aan Maroela Media gesê.

Die polisie het Woensdag tydens die klopjagte beslag gelê op gevaarlike selfgemaakte wapens, dwelms, en onwettige sigarette en alkohol.

“Misdadigers moet weet hulle gaan die volle mag van die gereg voel,” het Dlamini gewaarsku.

Kapt. Mack Mngomezulu, ‘n polisiewoordvoerder wat Maroela Media op die klopjagte vergesel het, het gesê polisiebeamptes van die stasies in die omgewing het naweke hulle hande vol in die informele nedersettings weens alkohol- en dwelmmisbruik.

[nggallery id=153]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eben ·

” …. vermeende dwelmgebruiker het aan die polisie gesê by watter spaza-winkel hy dit bekom het. By dié spaza het ʼn man spore gemaak toe hy die polisie opmerk en hy het hulle ontduik ….” het ek nou lekker gelag. Kan my voorstel hoe die man sommer net vinnig wegloop en die vet gat polisie lede, sonder behoorlike opleiding hom agterna sit. Pootuit … vertel ek julle pootuit!!

Trippie ·

Lekker lag ek nou Eben !

… sien dis maar een morsige plek … GRILLERIG !

***

Moet erken, dit lyk maar bra sleg as ‘n polisiebeampte met sy hande in sy sakke staan.

GEEN TROTS OM IN DAARDIE UNIFORM GESIEN TE WORD NIE !

Onthou toe dit nog SAP wees, manne het fier en regop geloop … GOOD OLD DAYS !

Willy ·

Met hul “basiskampspan” te spog waarmee hulle gaan poog om tydens die feesseisoen misdaad in die gebied hok te slaan.

Nou vra ek met trane in my navy blue eyes, hoekom net die feesseisoen?

Laat my dink aan die wêreldbeker sokker toe Sepp Blatter gedurende dié tyd pres was, toe was misdaad amper nul en die vervolgings spoed dieselfde as witlig.

Dit kan gedoen word!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.