Foto’s: Borsmelkjuwele nou beskikbaar

Juwele wat van borsmelk gemaak is, word nou op Etsy, ‘n webwerf vir handgemaakte produkte, verkoop.

Party mense bêre ‘n klossie van baba se eerste haarsny, die eerste tandjie, klein voetspoortjies in klei, maar juwele van borsmelk is nou beskikbaar. “Dit is die belaglikste, absurde ding in mamma-juwele wat ek nog ooit teëgekom het,” het Ashley McCann (34), ‘n ma van twee van Naples in Florida, gesê. “Ek dink dit is net heeltemal vreemd.”

Die borsmelk word deur glasuur of deursigtige vernis bedek nadat dit geweek en gedehidreer is. Die melk vorm dan ‘n klei-tipe bestanddeel wat mettertyd verhard. “Wat ‘n wonderlike manier om die “vloeibare goud” wat ons slegs oor ‘n sekere tydperk kan vervaardig, kan bewaar,” lui een van die produkbeskrywings. “Dit kan oor geslagte heen oorgedra word en wat ‘n wonderlike geskenk om die oorsprong van sy oorlewing aan jou kind te skenk.”
[nggallery id=115]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.