Foto’s: Brand breek in Sandton City uit

Foto: News24Gedeeltes van die spoggerige Sandton City-winkelsentrum moes Maandagmiddag ontruim word na ʼn brand by die Piatto-restaurant ontstaan het.

Volgens Robert Mulaudzi, ʼn woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, is die brand gou onder beheer gebring. “Dit wil voorkom asof een van die skoorstene van die pizza-oonde in die restaurant vlam gevat het. Die restaurant is in die Nelson Mandela-plein geleë. Die personeel, klante en mense in die omliggende gebied is ontruim. Geen beserings is aangemeld nie. Ons moes eers seker maak die gebied veilig is voor die mense kon terug keer.”

Die oorsaak van die brand is nog onbekend.

Foto: News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.