Foto’s: Brand by Broadacres-winkelsentrum in JHB

Foto deur die gebruiker @selektaaDr op Twitter gelaai

Foto’s volg onderaan die berig.‘n Brand by die Broadacres-winkelsentrum in noordelike Johannesburg is Vrydagaand onder beheer gebring.

“Ek kan bevestig dat die brand geblus is,” het Robert Mulaudzi, woordvoerder vir die stad se nooddienste, gesê. “Twee mense, ‘n man en ‘n vrou, is vir rookinaseming behandel en is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.”

Die oorsaak van die brand sal ondersoek word. Twee restaurante [vermoedelik Nando’s en Spur] op die tweede verdieping is beskadig. “Die oorsaak is nog nie bekend nie. Ons brandondersoekspan sal die oorsaak van die brand probeer bepaal,” het Mulaudzi gesê.

-SAPA
[nggallery id=127]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.