Foto’s: Brand in PE-winkelsentrum

ʼn Brand het Donderdagoggend by die Green Acres-winkelsentrum in Port Elizabeth uitgebreek.

Die sentrum sê in ʼn verklaring dat die brand omstreeks 3:00 Donderdagoggend in die House and Home-winkel uitgebreek het. Die brandweer is na die toneel ontbied. Niemand is tydens die voorval beseer nie. Daar is intussen skade aangerig aan verskeie winkels in die sentrum. Green Acres sê die volgende winkels sal vir die res van die dag gesluit wees: Checkers, House & Home, Spitz, ABSA, Bargain Books, Ackermans, Jet, Rage, Levisons, Romens, Exact, Identity, Queenspark, Debonairs, Froggies at Tinas, Health and Comfort Shoes, Shoe City, Travelex, Fragrance Boutique, Cut Above, Home Comforts, Sheet Street, Maurice Levin, Torga Optica, Pollocks en BT Games. Ander winkels in die sentrum sal oop wees vir besigheid.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie en die voorval word ondersoek.

Die foto’s is deur die gebruiker @Werner_Patat op Twitter gelaai.

[nggallery id=22]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.