Foto’s: Brand op Tafelberg

ʼn Brand op Tafelberg in Kaapstad is Woensdagoggend onder beheer gebring.

Theo Layne, woordvoerder van Kaapstad se brand- en reddingsdienste, sê brandbestryders is egter steeds op die toneel. Wilfred Solomon-Johannes, woordvoerder van Kaapstad se rampbestuur, sê die brand het omstreeks 01:00 vanoggend uitgebreek. Hy sê 30 huishoudings in ontruim en minstens drie helikopters is ontbied om die brand te probeer blus. Dit is in die stadium nog nie duidelik wat die brand veroorsaak het nie. Intussen is verskeie strate om die berg gesluit. Rugbyweg, Bridleweg, Beulah Terrace en Sidmouthlaan is vir verkeer gesluit.

[nggallery id=97]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.