Foto’s: Brandende tenkwa op N3 veroorsaak chaos

Die foto is deur @MyDrivingRights op Twitter gelaai.

Die N3-hoofweg tussen Warden en Harrismith is Donderdagoggend gesluit weens ʼn tenkwa wat aan die brand is.

Die hoofweg sal na verwagting tot 13:00 gesluit wees. Verkeer word intussen via Kestell en die N5 herlei. Motoriste kan volgens berigte nagenoeg 90 minute by hul reistyd voeg vir die ompad van sowat 100km. Verkeer op die land se hoofroetes is reeds besig om toe te neem vir die Paasnaweek.

Die foto is deur @Tam_Sykes op Twitter gelaai.

Die foto is deur @Tam_Sykes op Twitter gelaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.