Foto’s: Byna 3 000 vuurwapens vernietig

ʼn Mylpaal is behaal in die geveg teen misdaad nadat 2 632 onwettige vuurwapens in Brits vernietig is, het die polisie Donderdag gesê. Woensdag is 973 vuurwapens vernietig waarvan 279 deur die polisie gekonfiskeer is, en 694 vrywillig deur die publiek aan die polisie oorhandig is. 582 daarvan was handgewere, 235 was jaggewere en 156 was haelgewere.

Dit volg nadat hulle op 19 Maart 1 659 vuurwapens vernietig het. Van dié hoeveelheid is 339 gekonfiskeer en 1 320 vrywillig aan hulle oorhandig. Dit bring die totale hoeveelheid vuurwapens wat in Noordwes vernietig, is op 2 632 te staan.

Majoor-generaal Rhyno Naidoo, waarnemende provinsiale kommissaris, het gesê die polisie sal voortgaan om aggressief teen vuurwapenverwante misdaad op te tree deur vuurwapens wat in onwettige besit is, uit die gemeenskap te verwyder, asook om  te verseker dat dié wat wettig bekom is, effektief beheer word.

“Dit is belangrik dat elkeen sy deel doen in die geveg teen misdaad. Ons pleit by die gemeenskap om met ons hande te vat en sodoende vir al die land se inwoners  ʼn veilige omgewing te help skep,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.