Foto’s: Charlize Theron kuier in Kaapstad

Charlize Theron

Drie foto’s volg onderaan die artikel.

Charlize Theron, Hollywood-ster en boorling van Benoni, is Woensdagmiddag by ‘n gewilde restaurant in Kaapstad opgemerk.

Die 37-jarige Oscar-wenner, wat die afgelope drie maande aan Mad Max 4: Fury road in Namibië verfilm het, het glo ‘n heerlike middagete saam met haar ma, Gerda, geniet. Haar aangenome seuntjie, Jackson, en die res van haar entourage van agt mense is ook by die Grand Beach Café in Granger Bay naby die V&A Waterfront opgemerk.

Volgens gerugte het die verfilming van Mad Max nou na Kaapstad geskuif, waar Charlize en haar entourage in ‘n privaat villa in Kampsbaai bly. Charlize se hare is glo afgeskeer om die karakter Furiosa in die vierde aflewering van die Mad Max post-apokaliptiese rolprentreeks te speel. Een van die restaurantgangers het glo aan ZAlebs gesê dat Theron gelukkig en ontspanne voorgekom het en dat sy en haar gaste Veuve Clicqout-sjampanje saam met die maaltyd geniet het. “Sy het so mooi gelyk toe sy en haar seuntjie in die sand gespeel het. Sy het nooit haar sonbril of hoed afgehaal nie,” het die vrou gesê.

Charlize en haar entourage by die restaurant Foto: ZAlebs


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.