Foto’s: DA-jeugliga besoek Kleinfontein

Jan Groenewald (links) saam met lede van die DA-jeugliga. Mbali Ntuli, die jeugligaleier, sit in die middel.

ʼn Aantal lede van die DA-jeugliga het vandag vreedsaam na die Afrikaner-nedersetting Kleinfontein, buite Pretoria, gestap uit protes teen die feit dat net Afrikaners daar bly.

‘n Storm het die afgelope week rondom die Kleinfontein-gemeenskap losgebars nadat dit aan die lig gekom het dat dit ʼn uitgesproke Afrikaner-gemeenskap is.

Mbali Ntuli, die DA-jeugleier, het tydens die vreedsame betoging bekend gemaak hulle is “teen diegene wat apartheid wil terugbring”.

“Ek is hier om ‘n eenvoudige boodskap oor te dra aan die mense van Kleinfontein. Ons is gekant teen apartheid in die verlede, en ons staan vandag teen diegene wat dit wil terugbring,” het sy gesê.

“Rasse-uitsluiting is nie aanvaarbaar nie. Gemeenskappe soos hierdie een, waar sommige mense welkom is en die ander nie, kan nie geduld word nie.”

Sy het gesê landsburgers leef in die nuwe Suid-Afrika. “Dit is 2013, nie 1913 nie! Die tyd het aangebreek vir alle Suid-Afrikaners om mekaar te omhels en rassisme agter te laat.”

Jan Groenewald, voorsitter van Kleinfontein se direksie, het Ntuli en vyf afgevaardigdes in die nedersetting verwelkom, terwyl die res van die groep buite die nedersetting se hekke gewag het. Inwoners het Ntuli en die afgevaardigdes, asook ʼn groot groep media, op ʼn toer deur die nedersetting geneem en met jeugliga vergader en verduidelik hoe die woonbuurt bestuur word. Groenewald het Donderdag skertsend aan Maroela Media gesê die melktert het reg gestaan, daar was ongelukkig te veel media om vir almal aan te bied.

“Ons het die DA-jeug laat verstaan ons is teleurgesteld dat hulle nie met ons ʼn afspraak gemaak het nie, en al hul aksies en besware deur die media bekend gemaak het in plaas daarvan om direk met ons te praat. Ons het dit as intimiderend, aanvallend en onverdraagsaam ervaar en het onself gereed gemaak daarteen op te tree. Maar uiteindelik het ons die hele ervaring as positief ervaar,” het Groenewald gesê.

Volgens Groenewald het die jeugliga verskoning aangebied dat hulle sonder toestemming of ʼn afspraak daar opgedaag het, en het onderneem om in die toekoms direk met die Kleinfontein-direksie te skakel, in plaas daarvan om hul besware oor die nedersetting deur die media bekend te maak.

“Die kwessies wat die DA-jeug pla, is selektiewe probleme wat die land se regering ook van hulle kant moet regmaak, in plaas daarvan om vingers na ʼn spesifieke groep mense te wys. Swart bemagtiging is byvoorbeeld een van die sake wat veroorsaak dat ʼn mens se menswaardigheid aangetas word. Ons tree op kragtens die sleutelbepalings van die Suid-Afrikaanse Grondwet, wat territoriale en kulturele selfbeskikking reël,” het hy gesê.

Lees ook:
Nuuskommentaar: Kleinfontein, groot bohaai
Kleinfontein nooi DA-jeugleier vir koffie en melktert
Slegs Afrikaners hiér welkom

[nggallery id=131]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Leslie ·

Help asb die da en anc want hulle sukkel met rassisme en apartheid op die brain

Joey Odendaal ·

Ek voel soos jy Leslie, maar God is in beheer – hy het ‘n plan met alles – Hy is groter en sterker as die DA en ANC saam – kom ons bid vir almal. Groetnis.

Leslie ·

baie dankie, dit is soos jy sê ons sal bid dat die Here vir ons sal help
Ek is Engels maar dit het niks met taal te doen nie dit het te doen met hoe God my geskape het
Lees gerus Esra 9
of dit ou of nuwe testament is dit kom uit die woord van God

Joey Odendaal ·

Ek is trots op elke Kleinfonteiner wat hulle so waardig gedra het – dit was nou heel ongevraagde optog, en tog glo ek die jongmense wat daar opgedaag het het stof tot nadenke gekry – daar is tog ‘n doel met alles!!!

Marlene ·

Die enigste tyd wat ek julle en al die libberaliste sal omhels is as ek in ‘n stoeiegeveg is met een van julle. Die nuwe Suid-Afrika , die DA , al die libberaliste en die ANC se gatte. Ek sal assosieer met wie ek wil en dit is natuurlik met my mede volksgenote en nie volksvreemdes nie en ek maak my kinders ook so groot.Julle kan maar met julle siek leerplanne in die skole probeer om my kinders te indoktreneer,maar julle gaan dit nie reg kry nie. Ons is trots raseg en julle sal ons nie stop nie. Meer en meer blankes se oe gaan oop en besef dat die enigste manier waarop die Boervolk gaan oorleef is op hul eie en ons het die reg daartoe wat julle van hou en nie hou nie is julle saak. Ek hou nie van die nuwe SA nie en sal dus alles in my vermoe doen om op my eie weg van julle te wees.

HELENA SEABORNE ·

DA IS AL NET SO KORUP SOOS DI ANC. ALS WAT HULLE SE IS NET BLAHBLAHBLAH……………

H J Bester ·

Dis so ietwat ongevraagd en misplaas om ‘n algemene bewering te maak dat die DA net so korrup soos die ANC is sonder om die bewering te staaf.

Tans dra die DA dalk meer by tot oorlewing en stabiliteit onder die korrupte ANC-regering as wat die Kleinfonteiners se bydra is ten spyte daarvan dat hul prysenswaardige patriotisme jeens Afrikaans en Afrikanerskap, hoog waardeer word. Ongelukkig het hul dogma van selfbeskikking tans nie oorlewingsmoontlikhede in Suid-Afrika nie buiten as hulle met ‘n byderwetse aanslag kom en ‘n roete van bediging met die Owerheid en ander Instansies begin volg – om net te hoop op selfbeskikking sal hul nêrens bring nie – nee konstruktiewe aksie sal geneem moet word.

Leslie ·

die da maak hom self baie maal skuldig, afgsien daar van wie gaan die konstruktiewe aksie neem
moet daar nie dalk ‘n konserwatiewe party wees?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.