Foto’s: De Doorns-busongeluk: Dodetal styg

Foto deur die gebruiker @bajben30 op Twitter gelaai

‘n Reuse ondersoek is van stapel gestuur na ‘n busongeluk Vrydag 24 mense se lewens geëis het.

“Berigte van oorlewendes dui daarop dat die remme van die bus moontlik gefaal het,” het Robin Carlisle, LUR vir vervoer in die Wes-Kaap, gesê. “Die provinsie se regulerende entiteit sal die amptelike status van die bus, insluitend die geldigheid van die padwaardigheidslisensie, ondersoek.” Die bus is in die Wes-Kaap geregistreer en Atlantic City Liners is die eienaars.

Kenny Africa, hoof van verkeer in die Wes-Kaap, het gesê die bus was Vrydagoggend onderweg na Kaapstad toe die bestuurder beheer oor die voertuig verloor en dit van die N1 in die Hexrivierpas naby De Doorns by ‘n skuinste afgerol het.

Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, het gesê die dubbelvolume-bus het teen die kant van ‘n berg in die pas tot stilstand gekom.

Volgens Faiza Steyn, woordvoerder van die gesondheidsdepartement in die provinsie, was twee van die 24 slagoffers, wat gesterf het, kinders. Agt persone, waaronder drie kinders, is kritiek beseer; 14 is ernstig beseer en 44 ander het ligte tot matige beserings opgedoen.

Carlisle sê die beseerdes is na verskeie hospitale en klinieke geneem.

Foto deur die gebruiker @bajben30 op Twitter gelaai

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trudie ·

wonder net hoe is daar deesdae so baie bus ongelukke, ek sal beslis nooit my lewe op n bus waag nie!!

Tante Afrikana ·

Nee wat – as ek nie self my hande op die stuurwiel van my eie ou karretjie het nie, gaan ek nerens nie.. te veel onbevoegde mense wat openbare vervoer hanteer en dan praat ons nie eers van die meganiese te kortkominge van die voertuie nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.