Drie mense is beseer toe ‘n vragmotor Saterdag in KwaPata, Pietermaritzburg, in ‘n huis vasgejaag het.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, het gesê die bestuurder het glo beheer oor die voertuig verloor, die voertuig het omgeslaan en in ‘n huis vasgejaag.
Die bestuurder van die vragmotor is krities beseer en sy twee assistente is ernstig beseer. “Die pasiënte is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem,” het Botha gesê. “Gelukkig was niemand in die huis of in die voertuig wat onder die vragmotor vasgekeer is nie.”
Alle foto’s: Netcare 911
[nggallery id=108]