Foto’s: Duisende daag op om Madiba in staatsie te sien lê

'n Seuntjie wag by die Uniegebou. Foto: GCIS

‘n Seuntjie wag by die Uniegebou. Foto: GCIS

Duisende mense van verskillende kulture het Woensdag tou gestaan buite die Uniegebou in Pretoria in ʼn poging om vir oulaas wyle oud-pres. Nelson Mandela te sien terwyl hy daar in staatsie lê.

Lede van die publiek kon van 12:00 af Mandela se oorskot besigtig het, nadat familie en afgevaardigdes van 10:00 af eerste die geleentheid gehad het om hom te groet.

Mandela lê tot Vrydag in staatsie by die Uniegbou. Dié foto’s is deur die regering se kommunikasie-afdeling, GCIS, beskikbaar gemaak.

Lees ook:
Duisende staan tou om Madiba te sien
Foto’s: Madiba lê in staatsie
Madiba-konvooi: Motoriste gefrustreerd met padsluitings
Foto’s: Mandela se konvooi na die Uniegebou
Só ry Madiba se daaglikse stoet deur PTA

[ngg_images gallery_ids= 161 display_type=”photocrati-nextgen_basic_thumbnails” number_of_columns=”4″ gallery_width=”600″ gallery_height=”400″]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.