Foto’s: Duisende lede van Cosatu betoog landwyd

Duisende betogers het in die onderskeie provinsies bymekaargekom vir Cosatu se staking teen die gebruik van arbeidsmakelaars en die tolstelsel op Gauteng se hoofweë.

In Johannesburg het ‘n reuse groep betogers na die premier se kantoor betoog voor ʼn memorandum aan ʼn verteenwoordiger van die departement van arbeid oorhandig is. Talle winkels in die middestad is gesluit weens die betoging. Die hoofsekretaris van Cosatu, Zwelinzima Vavi, en die geskorsde ANC-jeugligaleier, Julius Malema, het ook aan die betoging deelgeneem. ʼn Sterk polisieteenwoordigheid het in die middestad geheers. In Kaapstad het betogers omstreeks middag by die parlement aangekom. Die betogers het die volkslied gesing met hulle vuiste in die lug. Talle skole in Khayelitsha en Gugulethu is gesluit nadat onderwysers hulle by die staking aangesluit het. Groot groepe betogers het ook in Bloemfontein en Durban bymekaargekom.

[nggallery id=31]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.