Foto’s: Duisende stap vir Afrikaans

Foto’s: Phillip Bruwer

Duisende inwoners en kinders van Pretoria het Woensdagaand by die Voortrekkermonument bymekaargekom om hul trots en steun aan Afrikaans te wys.

Die geleentheid was ʼn gesamentlike inisiatief van die FAK, Laerskool Louis Leipoldt en die Polsslag Voortrekkerkommando en het uit ʼn fakkel- en pretloop bestaan.

Dr. Danie Langner, uitvoerende hoof van die FAK, het tydens die byeenkoms gespog met die nuutste resultate in die sensusverslag wat daarop dui dat Afrikaans gegroei het en steeds die derde grootste taal in die land is.

[nggallery id=86]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dirk J. Coetzee ·

Ag, dis lekker om te lees dat daar nog baie mense in ons land is wat lief is en omgee vir Afrikaans. Ek wens die liefde en omgee kan meer momentum kry ….. op só ‘n wyse dat daar opgetree kan word teen instansies en organisasies wat Afrikaans misken.

SAID is ‘n voorbeeld. Uit hoofde van van my werk moet ek hulle gereeld bel. Deesdae vertel hulle jou sommer gou-gou dat jy net in Engels gehelp kan word. Dan kry ek so ‘n nare gevoel oor my en is ek uiteraard sommer dadelik negatief gesind.

Sterkte Afrikaans. Jy’s die mooiste taal. Ek hoop jy groei van krag tot krag en laat sekeres rooi van skaamte word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.