Foto’s: Duisende wys hul steun vir Pretoria se naam

'n Gedeelte van die skare by die AfriForum-musiekfees. Foto: Kobus Bezuidenhout/Maroela Media

‘n Gedeelte van die skare by die AfriForum-musiekfees. Foto: Kobus Bezuidenhout/Maroela Media

Duisende mense het vandag by die Voortrekkermonument in Pretoria saamgetrek om hulle steun vir die behoud van Pretoria se naam te toon. Dié skare het ʼn Afrikaanse musiekfees by die monument bygewoon wat deur AfriForum ter behoud van die stad se naam gereël is. Die geleentheid het plaasgevind in ʼn tyd waar die Tshwane-metroraad opnuut pogings aanwend om Pretoria se naam te verander. Pretoria se 158ste verjaardag is ook tydens die geleentheid gevier. Toegang tot die fees was gratis.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, toon die feit dat letterlik duisende mense by die Voortrekkermonument opgedaag het, dat mense baie sterk oor die stad se naam voel en dat hulle nie gediend is met hernude pogings om Pretoria se naam te verander nie. “As die die minster van kuns en kultuur, Paul Mashatile, opreg was toe hy openbare deelname oor Pretoria se naam aangevra het, is daar geen manier wat Pretoria se naam ná vandag se byeenkoms kan verander nie. Indien die naamsverander wel deurgevoer word, was die minister oneerlik in sy versoek om openbare deelname,” het Kriel bygevoeg.

Top Afrikaanse sangers soos Steve Hofmeyr, Liza Brönner, Adam Tas, Gerrie Pretorius, Pieter Smith, Saarkie, Die Tuindwergies, Jaco Labuschagne, Fredi Nest, Vaughan Gardiner, Ghapi, Beeskraal en Fanie Botha se boereorkes het tydens die fees opgetree om hulle steun vir Pretoria se naam te wys.

Kriel het aangedui dat AfriForum sal voortgaan om die fees jaarliks aan te bied om te verseker dat Pretoria se naam vir ten minste nog 158 jaar sal bestaan.
Klik telkens op die foto om ‘n groter weergawe daarvan te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elsje Groenewald ·

Ek stem ten volle saam,steun uit Namibie.Pretoria bly Pretoria.Maroela nuus jul is ook die beste.Baie dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.